|
Bakovenkrans is n pragtige 350 ha plaas in die Swaershoek berge wat deel vorm van die Waterberg bergreeks in Limpopo Provinsie, Suid Afrika. Die plaas se veld bestaan hoofsaaklik uit suur grasveld met ruig woudagtige klowe & twee standhoudende fonteine. Daar is pragtige rots poele om in te swem & n paar waterfalle om te geniet.
Op die oomblik is is die plaas en twee buur plase saam omhein met wildsheining rondom. Die totale omheinde gedeelte is 600ha. Daar is koedoes, Waterbok, Rooibok, Blesbok, Zebras, Hartbees, met baie ander klein wild soos bosvarke, rooikat, klipspringers, Bruin Hyena ensovoorts.
Daar is n boorgat wat 7000 liter water per uur kan uitpomp & n sement dam met krippe om diere water te gee.
Die plaas is perfek om net te ontspan oor naweke en om verder te ontwikkel in n lodge in. As jy isolasie soek met pragtige uitsigte is dit die plek om te he. Jy kan ook jou 4x4 uit toets of met jou berg fiets daar rond ry as jy van sulke advontuurlustige aksie hou.
Die plaas is so 32 km vanaf Nylstroom/Modimolle op die Vaalwater pad uit & daar was in die laaste 20 jaar geen misdaad op die plaas nie.
Dit is definitief die moeite werd om self te sien hoe fantasties mooi die plek is.
Die prys is: R3 700 000
Kontak eienaar Carel Pretorius by: 014 717 3437
072 519 3827
|